
FAQ
Ons bestaan al 4 jaar
Neem ʼn produk uit waar ʼn deel van jou premie in ʼn fonds gaan. As jy geen of min skade het, kan die fonds aan die einde van ʼn siklus geld terug betaal. Jy kan dan die geld gebruik as ʼn buffer en goedkoper produkte uitneem. Dit wat jy spaar ook in jou eie reserwe fonds bêre om nader te beweeg aan ʼn punt waar jy meer risiko self kan dra.
Laat ons vir jou ʼn produk simulasie doen. Jy kan dan ons per polis en per polis plafon waarde produkte deeglik evalueer en tot 60% bespaar. En die kersie op die koek is dat jy ook hier tot 25% van die premie in 'n reserwe fonds kan stort.
Versekeraars is onder baie streng wetgewing. Dit vereis van hulle om meer reserwes te hê as die dekking wat hulle gee. Gewoonlik is daar ook groot internasionale herversekerraars wat baie van die eise betaal. So jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie.
As jy ʼn grondeienaar is, moet jy lid wees van ʼn brandvereniging. Maak seker jy voldoen aan die reëls van die brandvereniging. Maak seker jou korttermyn polis maak voorsiening vir brandblus kostes. Maak seker jy het genoeg aanspreeklikheid dekking. ‘n Regsgeding vreet baie vinnig ʼn paar miljoen rand op.
Daar is twee faktore waarop jy maklik kan sien of ʼn hael taksasie reg loop.
Die monsters moet op verteenwoordigende plekke geneem word. Neem eerder te veel monsters as te min. Die groeistadium moet korrek wees soos op datum van hael. Vra vir die tksateur om die proses prakties aan jou te verduidelik. Ons sal jou van ʼn taksasie prosedure voorsien as jy ons kliënt is.
Laai vooraf ons ongeluk vorm af en hou ʼn kopie en pen in elke voertuig. Die vorm sal jou help om alles te doen wat gedoen moet word?
Die uitreik van ʼn warm werkspermit word voorgeskryf in SANS. (South African National Standards) As jy dit nie doen nie oortree jy die wet en kan ʼn versekeraar jou eis weier. Moet nie die permit as ʼn lastigheid sien nie maar eerder as ʼn voorkomende maatreël om brande te voorkom. Daar is ʼn voorbeeld van so permit onder die hofie” Vorms”
Gaan na die FSCA se webwerf en gaan soek die makelary. Jy sal daar ook sien of die verteenwoordigers geregistreer is. Al wat jy benodig is die makelary se naam en FDV (FSP) nommer. Die nommer moet op alle advertensies en korrespondensie verskyn.
Die klagte prosedure is elders op die webwerf beskikbaar.
