Grow Secure: Verskans jou oeste teen katastrofiese droogte
Eksklusief vir Rand Agri-kliënte | Somer 2026/27
Grow Secure is ‘n geïntegreerde hael-, multirisiko- en prysverskansingsproduk van Gemoedsrus, in vennootskap met Rand Agri. As jy jou haelpolis uitneem, kry jy droogte- en oormaat-reëndekking teen minimale ekstra koste by. Dit geld vir kommersiële mielies, sojabone, sonneblom en graansorghum.
Wat jy kry:
- Haeldekking teen hael, brand, transito en ryp vir alle rygewasse.
- Multirisiko Plus, met ‘n waarborg van 50% van die goedgekeurde streek-LGO (of van jou versekerde hael-opbrengs, as dit laer is).
- Geen bybetaling op multirisiko-eise nie.
- Opsionele prysverskansing van R200, R400 of R600 per ton. Dit beskerm jou teen ‘n styging in die Safex-prys as ‘n versekerde oesverlies jou kontraklewering raak.
- ‘n Lae-eisbonus: 30% van jou premie gaan in ‘n bonuspoel. As die poel ná die drie jaar termyn ‘n positiewe balans het, word dit pro rata aan kwalifiserende lede uitbetaal.
Aansoeke sluit op 31 Oktober vir die Oostelike gebiede en op 15 Desember vir die Westelike gebiede.
Kontak ons vandag vir ‘n kwotasie.
Bepalings en voorwaardes geld. Gemoedsrus Verskansing (Edms.) Bpk, FDV 51794. Onderskryf deur King Price Insurance Company Limited, FDV 43862.
Hael is net die begin
Praat vandag nog met SkadeGende oor Grow Secure


