Finansiering

Finansiering vir graanboere: nou deur SkadGenade

Skade Genade kan nou graanboere help om finansiering te bekom. Jy kry ’n toegewyde handelskredietfasiliteit met verlengde betaalterme wat by jou produksie- en inkomstesiklus pas.

Hoe werk dit?

Jou verskaffers hoef nie meer 30, 60 of meer dae vir betaling te wag nie. Die finansierder betaal hul fakture dadelik en ten volle. Jy betaal die finansierder dan terug oor ’n ooreengekome verlengde termyn, byvoorbeeld ná oes.

Voordele vir jou as boer:

  • Een goedgekeurde fasiliteit wat jy by verskeie verskaffers kan gebruik
  • Werk met jou bestaande verskaffers, sonder veranderinge aan pryse, kontrakte of stelsels
  • Geen sekuriteit nodig nie
  • Koste teen prima plus ’n lae platformfooi. Vroeë-vereffeningskortings van verskaffers kan hierdie koste heeltemal uitkanselleer.
  • Beter kontantvloeibestuur

Vinnig en eenvoudig

Goedkeuring neem gewoonlik vyf tot sewe werksdae ná aansoek. Ná goedkeuring van fakture word verskaffers binne een tot twee werksdae betaal.

Beter terme. Slimmer befondsing. Kontak SkadeGenade vandag vir meer inligting.

Scroll to Top