Die SkadeGenade neutpoel is ‘n selfversekerings produk wat jaarliks surplusse terug betaal aan lede indien daar minder skades is as wat in die poelfonds gestort is.
As die skades meer is as wat in die fonds beskikbaar is word ‘n versekerings polis geaktiveer wat die tekort betaal. Die neutpoel funksioneer reeds vir vier jaar en het nog elke jaar ‘n dividend aan lede uitgekeer.
Daar word volgens ‘n stel streng reëls gewerk en alle eise word volgens die reëls uitbetaal. Indien ‘n dispuut ontstaan word dit deur die bestuurskomitee aangespreek. Produsente is sterk verteenwoordig op hierdie komitee.
Die dekking is van die mees omvattendste in die mark. Die neutpoel het die afgelope vier seisoene konstant gegroei en sal vanjaar weer ‘n aantal nuwe toetredes toelaat. Nuwe lede word egter gekeur en die ligging van die boorde is ‘n belangrike faktor vir toelating tot die poel.