Ons bied die standaard versekerings produkte aan. Maar as jy bietjie “uit die boks” wil dink oor oesversekering moet jy beslis met ons praat. Indien jy wil begin om jou eie reserwe fonds te begin opbou het ons vir jou produkte wat hierdie doelwit van jou oor tyd baie meer bereikbaar te kan maak.
Voel jy dat hael versekering te duur is? Ons het al vele kliente meer as ‘n miljoen rand per jaar gespaar.
Dit is goed om te weet dat jy geld kan terug kry as jy nie skade gehad het nie.
In ons span is kundige mense wat self baie ervaring het oor oesversekering en oor praktiese taksasie ervaring beskik. Ons sal vir jou ʼn gratis behoefte bepaling doen en ook die verskillende versekerings produkte met mekaar vergelyk in ons simulasie model.
Plaas tussen 15 en 30% van jou premie in ʼn fonds wat selfs ʼn bonus kan verdien as jy nie skade het nie. Dit kos niks ekstra nie maar is ʼn slim manier om meer waarde uit jou oesversekerings Rand te kry.